Heidelberg Hotel

 

About Us

At our hotel and restaurant, we want to create an outstanding guest experience for you, whether you're staying for vacation or business.

Management

Our experienced management team works 24/7 to accommodate all your needs and to exceed all your expectations. Our mission is to create a worry-free environment for our guests

Team

Our young team is obsessed with hospitality and is highly motivated to give you a great experience. Our friendly and professional service team is on hand 24 hours a day for your convenience.

Welkom by ons Hotel & Restaurant


 

Het jy al ooit na ‘n plek gekyk en gewonder hoeveel stories dit het om te vertel?

Hoeveel mense het al daardie selfde trappe geklim en by die voordeur ingestap. Hoeveel gesinne het al middagetes in die restaurant geëet en hoeveel oomies het hulle koerante op daardie bankies gesit en lees? Hoeveel besigheidheid is gesels oor ‘n koppie koffie en ‘n aangesteekte pyp, hoeveel rugby wedstryde is oor die radio geluister en oor die televisie gekyk? Hoeveel pad kaarte is al geteken met hand gebare, hoeveel vriendskappe is gevorm in die BAR en snoeker is gespeel, hoeveel diep dink sake is op daardie balkon se lening gedink, terwyl die dorpie sy gang gaan onder in die strate?

Kanse is die fasinasie is al wat ons het om oor te droom, want die meeste van daardie stories is die geheime wat oupa en ouma ons nooit van vertel het nie. Kosbare skatte wat in ons hart voortleef.

Die oorspronklike hotel se bou datum is onbekend. Interessante feit… 

Twee geboue verder, met die ander strepies dak is die kooperasie. Sien jy die plaashek teen die muur? Deur baie jare se sterk staan moes die hotel uiteindelik in 1932 opgeknap word en kenners skat hom ouer as 100 jaar. Hy het deur die jare min van sy ou wereldse sjarme verloor. Waar die drank winkel vandag is, was vroeer jare perdestalle. Selfs die oorspronklike balke is steeds in die plafon.

Eens op ‘n tyd het Heidelberg Hotel bekend gestaan as die baken van die dorp. Benewens al die historiese besienswaardighede is die hotel ook bekend gewees vir sy Sondagmiddagetes.

In Februarie 2016 het ons Heidelberg Hotel se deure weer oop gemaak nadat hy sy verfjas uitgetrek het en in ‘n aangename Ralph Lauren pak te voorskyn kom.

Ons glo aan geselligheid. Hier wag baie opgewondeheid op die dorpie se inwoners en natuurlik al ons gaste wat ons gaan kom besoek. Daar is 15 kamers in die hotel wat genes is en Boerekos Sondae … is amptelik terug.